Ek is waarskynlik ’n laatblommer – in die sin dat ek nóú eers, in my sestigs, die werk doen wat my hart laat warm klop.

Ek skryf memoire, bied werksessies en retraites aan, en stel vroue bekend aan praktyke soos droomwerk en skryfterapie. Ek doen dit omdat ek veral vroue ’n blik op hul innerlike wêreld wil gee – sodat hulle vroeg reeds kan ontdek wat vir hulle persoonlike betekenis inhou en hul lewens daarvolgens kan rig.

Ná ’n akademiese loopbaan, ’n meestersgraad in die kommunikasiewese, suksesvolle sakeondernemings, ’n middeljarekrisis en verdere studie in die sielkunde, waartydens ek ’n meestersgraad in skryfterapie verwerf het, spits ek my nou toe op dít wat ek op die harde manier geleer het: die antwoorde lê binne-in jouself.

zarine@zarineroodt.com