Get It – June 2014

wishlist_getit

enkelreis, geskryf deur Bloemfontein se eie Zarine Roodt, is die memoir van ’n vrou wat op die vooraand van vyftig ’n ontdekkingsreis na labarinte in Engeland aanpak, stilte en samesyn in afgesonderde Griekse eilandstreke soek en terselfdertyd haar innerlike self verken. Deurvleg met humor en bepeinsing, angsvallighede en stille vreugdes, vertel dié reismemoir van ’n alleenreisende vrou ’n boeiende storie wat ook die pad aandui vir elke vrou wat op soek is na haar ware self.