Ek is waarskynlik ‘n laat ontwikkelaar – in die sin dat ek nóú eers, op 60+ – die werk doen wat my hart laat warm klop.

Ek skryf memoire, bied werksessies en retraites aan, en stel mense aan droomwerk en labirinte voor. En ek doen dit omdat ek veral vroue ‘n blik op hul innerlike wêreld wil gee sodat hulle vroeg-vroeg reeds kan eien wat vir hulle persoonlike betekenis inhou en hul lewens daarvolgens kan rig.

Ná ‘n akademiese loopbaan met ‘n meestersgraad in die kommunikasiewese, suksesvolle sake-ondernemings, ‘n middeljarekrisis, en verdere studie in die sielkunde met ‘n meestersgraad oor skryfterapie, spits ek my nou toe op dít wat ek op die harde manier geleer het: dat die antwoorde binne jouself lê.

zroodt@mweb.co.za